ENTREPRENEURS REVOLUSIE LOS GELAAT!

Michele c Du Plessis

Daar is kommerwekkende vooruitsigte vir besighede na die afloop van die Covid-19 grendelstaat soos weergegee in verskeie navorsingsverslae en berigte deur die media.

Luther Diedericks, die Besturende Direkteur van die Sosiale Entrepreneurs Organisasie, SA Business Hub, het hierdie gebeure voorsien en werk onverpoos sedert die grendelstaat ingestel is om ‘n oplossing te ontwikkel. “Dit is voltooi en getrou aan die leuse van my maatskappy, is entrepreneurs die Entrepreneurs Revolusie op 1 Junie 2020 in die Saldanhabaai Munisipale area van stapel gestuur. Dit sal daarna na die ander 204 munisipale gebiede uitgebrei word,” het Luther Diedericks gesê.

Gedurende 2016 het Luther navorsing gedoen in die munisipale gebied van die Saldanha met die voorneme om ‘n NPO te stig om ekonomiese ontwikkeling deur entrepreneurskap te bevorder.
“Ek het egter besef dat die implementering daarvan  moeilik sou wees in die afwesigheid van ‘n funksionele entrepreneurs-ekosisteem binne ‘n ondersteunde sosiale ontwikkelingsomgewing. Deur die omgewing van Hopefield, een van die sewe dorpe wat deel uit maak van die Saldanha munisipaliteit, na te vors, kon ek ‘n sosio-ekonomiese ontwikkeling oplossing ontwikkel om die dorp en sy mense as ‘n model te kweek wat uitgebrei het na die omliggende dorpe,” het Luther gesê.

Daar word voorsien dat ‘n belegging van meer as R4 miljoen nodig sal wees vir die projek. Luther en sy vennote, plaaslik en internasionaal, werk op risiko en sonder vergoeding om dit te laat realiseer. “Borgskappe, skenkings en bydraes sal waardeer word om die infrastruktuur en stelsels te skep. Dit sal ook gebruik word om dienste teen 90% te subsidieer vir besighede wat nie die diens aan hulle kan bekostig nie. Daar sal egter verwag word van besighede om minstens ‘n 10% persoonlike bydrae te maak. Inligting en self-help aanwysing sal egter gratis gegee word,” verduidelik Luther.

“ʼn Virtuele ondersteunings platform sal geaktiveer word en in die proses sal verskeie vrywilligers en lisensie vennote ontwikkel word om ondersteuning te verskaf in die sewe dorpe in die Saldanhabaai Munisipale area.” Volgens Luther word vrywilligers en lisensie vennote vir elke dorp genooi om aansoek te doen vir deelname.

Die enigste vereiste is dat die aansoekers rekenaargeletterd moet wees en oor hul eie rekenaar en slim foon beskik, het Luther verduidelik.

“Die doel is om ’n geïntegreerde en naatlose netwerk met ‘n een-stop-diens vir entrepreneurs te vestig. Ek is passievol oor entrepreneurskap en my droom is om entrepreneurs en besighede te help om besigheid sukses te bereik. Saam kan ons ʼn verandering maak en so ons gemeenskap ophef,” het Luther afgesluit.

Vir verdere inligting, stuur ‘n epos aan info@sabusinesshub.co.za  of bly ingelig deur in te teken vir die SA Business Hub Nuusbrief by www.sabusinesshub.co.za

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *